Afrikaans

720by157-218-Content-Image-ECCAM-banner

“Elkeen verdien more”

Deur Neil Howie

Hierdie jaar sal anders wees vertel jy jouself op die 1ste Januarie, al voel jy die pyn elke oggend wanneer jy wakker word. Jy gaan dokter toe en sy se jy moet toetse ondergaan. Jy wag. Tien dae later, die dag voor jy terug werk toe moet gaan, besoek jy weer die dokter. Jy’s bang hulle vind iets verkeerd. Vyf minute na die toetse begin, ontdek hulle a groot gewas. Dit is toe dat jy baie bang raak…

Januarie 2014 het so vir my begin. ‘n Week na die toets, op my verjaarsdag, gaan ek hospital toe vir n’ operasie. Die volgende maand, toe die biopsieuitslae terugkom, word ek ingelig dat ek kolonkanker het en dis die derde stadium. Vir die volgende ses maande ondergaan ek chemoterapie. Met elke kursus, spandeer ek 3 dae in die hospital en ek herstel oor die loop van 10 dae. Dan gaan ek terug vir nog ‘n kursus – ek doen dit twaalf maal.

Gedurende hierdie tyd, besef ek hoe gelukking ek is – ek het die ondersteuning van my vrou en my familie, asook my vriende. Hierdie ondersteuning is uiters belangrik want ek is in ‘n vreemde land, 2200km van my tuisland, en ek praat nie die taal nie.

In April, gedurende ‘n chemoterapie kursus, sien ek die London Maratonwedloop op die televisie en ek besluit om die die wedloop te hardloop as ek herstel van die kanker. Die volgende jaar, op 26 April 2015, sal ek die wedloop hardloop.

Al was ek gesond, sou dit ‘n regte uitdaging vir my wees want ek het vir sewe jaar niks gehardloop nie. Die doelwit het my gehelp om die moeilike ondervinding van chemoterapie to verdra.

Ek het met my vriende gepraat en hulle het my aangemoedig om positief te dink en die doelwit te behaal. Ons praatjie het daarna toegelei dat ons besluit het om geld in te samel vir  ‘n liefdadigheidsorganisasie soos EuropaColon, wat so baie mense met kolonkanker, help.

Aan die einde van Augustus het die uitslae van die toetse gewys dat die kanker weg is. Ek kon nou weer ‘n normale lewe he. Ek het weer begin werk na amper 7 maande. En ek het begin om te hardloop. Aan die begin kon ek net vir 5 minute hardloop (met baie min gevoel in my voete) maar ek het bietjie-bietjie spoed en afstand verbeter.

Ek het ook begin om geld in te samel vir mense met kolonkanker en wie nie so gelukkig is soos ek nie. Teen Desember, het ek baie liefdadigheids aangeleenthede gehou. Etes met vermaak, quiz aande en so aan. Hierdie aangeleenthede het duisende Euros ingesamel vir  kolonkanker liefdadigheidsorganisasies.

My liefdadigheidswerk het my ‘n plek in die London Maratonwedloop besorg. Ek het weer begin hardloop en in Oktober  het ek ‘n half-maratonwedloop in Ljubljana gehardloop. Teen die einde van die jaar kon ek 21km dek.

Op my verjaarsdag, toe ek 45 jaar oud is, was ek in die hospital en was gereed gemaak vir ‘n  groot operasie.. Daar was baie verse wat deur my kop geloop het. ‘n Jaar later het ek ‘n oefenwedloop van 15km gehardloop as voorbereiding vir die London Maratonwedloop.

Die lewe is nie altyd maklik nie en soms moet ons keuse maak wat soms ver van maklik is.

Daar is iets wat ons moet doen en dit is om in onself positief te wees en om positiewe ondersteuning van familie en vriende te ontvang.

EuropaColon is ‘n liefdadigsheidorganisasie wat mense met kolonkanker probeer help en ondersteun om seker to maak hulle bly positief en dat hulle nog ‘n dag het.

Lees meer by neil4bc.org.uk or facebook.com/neil4bc.